Microgreen Roomkaas Rolletjies

Microgreen Roomkaas Rolletjies

Hierdie resep is perfek vir die jongspan wat Micro Shooters groei. Dit verg net 3 bestandele en ‘n paar minute om als aan mekaar te slaan. Dis ‘n treffer vir na-skool peuselhappies, as ‘n alternatief in skool kosblikke, en natuurlik ook ‘n fantastiese KETO lae-koolhidrate happie vir Mamma. In ons kombuis se vensterbank was Rambo Radish & Peace Pea Shoots gereed om geoes te word.

Ek het dun gesnyde gypsy ham en Lancewood roomkaas gekoop. Enige van die microgreens variante sal heerlik wees hierin, afhangend van wat julle gereed het in die kombuis. Die gewone roomkaas kan ook vervang word met verskillende geure roomkaas wat te koop is in die winkels. Sonder dat die kinders dit eers agterkom, eet hulle ertjies en radys in die vorm van microgreens, wat 40 keer meer voedsaam as die volgroeide groente is en sommer 100 maal lekkerder óók!


Benodighede:
• Microgreens
• Roomkaas
• Ham

Instruksies:
1. Smeer elke snytjie ham in die middel met roomkaas.
2. Vat ‘n hopie microgreens en plaas dit langs die roomkaas.
3. Rol op. Dit kan in kleiner stukke gesny word, net soos jy verkies.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *