Ek toor gereeld hierdie slaap op wanneer daar oorskiet braai hoender is, en as ek microgreens het wat gereed is om geëet te word. Die grootte van hierdie slaai kan aangepas word tot die hoeveelheid mense wat daaraan gaan smul. Perfek vir ‘n ligte middagete en ook ‘n gepaste bykos vir ‘n braai.
Benodighede:
• Geroosterde hoenderborsies gesny
• Microgreens van jou keuse
• Baba spinasie of roketblare
• Worteltjies
• Cherrie tamaties
• Lig gestoomde brokkoli stingels
• Parmesaan skaafsels
• Maak slaaisous met olyfolie en balsamic asyn, verhouding 3:1 en voeg bietjie heuning by na smaak.
• Geur met sout en peper en vars suurlemoensap.
Instruksies:
1. Hierdie slaai het nie werklik ‘n bepaalde metode nie, wees jou kreatiewe self en pak hom soos dit vir jou mooi lyk.